Gru-tonele doof Libië se vreugde

2011-08-28 09:56
Tweets Share Share line Print

Tripoli – In ’n grusame toneel Saterdag buite Tripoli is ’n massagraf gevind met die lyke van sowat 150 Libiese burgers wat vermoedelik deur magte van pres. Muammar Gaddafi vermoor is.

Onder die lyke wat in ’n uitgebrande skuur gevind is, is twee soldate wat volgens inwoners geweier het om dié mense dood te skiet.

Tientalle lyke van Gaddafi se huursoldate is ook in hospitale in die Libiese hoofstad gevind. Die hospitale is ontruim toe die rebelle Tripoli bereik het.

Ooggetuies vertel hoe die ontbinde lyke in die geboue opgestapel lê. Dit is nie duidelik wie hulle vermoor het nie, maar die mense was nie Libiese burgers nie.

In Tripoli is Saterdag fees gevier nadat die laaste paar vestings van Gaddafi hier voor die rebellemagte geval het. Gevegte in die stad het feitlik tot ’n einde gekom.

Maar ’n hernude stryd, dié keer om krag- en watervoorsiening weer aan die gang te kry, staar inwoners van Tripoli nou in die gesig.

Gaddafi self was gister nog skoonveld – ondanks die losprys van R9,1 miljoen op sy kop. Magte van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) en rebelle het hul soektog verskuif na die diktator se tuisdorp, Sirte, waar die laaste van sy ondersteuners nog teen die nuwe bedeling weerstand bied.

Intussen het Suid-Afrika se veldtog om te verseker dat die Afrika-unie (AU) nie die Libiese rebelle as regering erken nie, vrugte gedra.

Die AU het Vrydag besluit om hulle amptelike status te ontken totdat Libië ’n eenheidsowerheid het wat Gaddafi se lojaliste insluit.

“Artikel 30 van die grondwet van die Afrika-unie sê dat regerings wat mag deur ongrondwetlike maniere bekom, nie toegelaat word om aan die aktiwiteite van die unie deel te neem nie,” lui ’n AU-verklaring.

Suid-Afrika het verlede week ook by die Verenigde Nasies ’n versoek probeer blok wat die rebelle toegang tot geld sou gee wat weens sanksies teen Gaddafi gevries is.

Suid-Afrika en Uganda het in die AU-beraad te staan gekom teen Nigerië, Djiboeti en Rwanda wat wou toesien dat die rebelle Gaddafi se AU-sitplek inneem, sê Mehari Maru, ’n ontleder in Addis Abeba.

“Dit is die AU se manier hierdie om Navo terug te kry omdat hy nie die AU genoeg erkenning gegee het tydens die Libiese konflik nie,” het Maru gesê. Die rebelle is ook glo ongelukkig omdat die AU en Afrika-lande hulle nie in hul stryd teen Gaddafi bygestaan het nie. Dié vegters is nou nader aan Midde-Oosterse lande soos Katar en Europese lande soos Italië en Frankryk wat nóú betrokke was by die Navo-aanvalle op Gaddafi se magte.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: libië  |  geweld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Terracan 2.9 CRDi 4x4 Dsl MY07
2004
R 169,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2004
R 49,995.00

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT
2006
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.