Gru-ongeluk eis 5 in Windhoek
2010-11-02 15:22
Windhoek - Vyf veiligheidswagte het gesterf en drie ander mense, onder wie ’n swanger vrou, verkeer in ’n taamlike ernstige toestand in die hospitaal ná ’n bisarre dubbele motorongeluk wat verkeer vir ure in een van die stad se hooftoevoerare ontwrig het.
’n Bakkie van ’n sekuriteitsmaatskappy, ’n taxi en ’n ambulans was onder meer in die tragiese sameloop van omstandighede betrokke, berig Die Republikein.
Die meeste van die beseerdes het agterop die bakkie onder ’n kappie gery. Die kappie is van die voertuig losgebreek en die swanger vrou, ook ’n veiligheidswag, moes uit die wrak gehaal word.
“Die ongeluk het omstreeks 06:30 gebeur en die slag was so hard dat die taxi se passasiersdeur tot teen die bestuurder ingeduik is. Die bestuurder is ook onder die beseerdes wat deur die ambulans na die hospitaal geneem moes word.”
Lees hier meer.