Groot ontwrigting in Zim verwag
2012-01-18 22:52
Kaapstad – Groot ontwrigting word Donderdag in Zimbabwe verwag wanneer staatsdienswerkers oor swak werksomstandighede sal staak.
Minstens 250 000 staatsdienswerkers, onder wie onderwysers en verpleegsters, sal aan die een dag lange staking deelneem.
Die stakers eis 'n 100% salarisverhoging vir laagsbesoldigde werkers, het RSG berig.
Grensposte sal na verwagting ook deur die staking benadeel word.
Luidens berigte sukkel Zimbabwe se koalisieregering om eenstemmigheid oor die salaris-eise te bereik.
Volg Nuus24 op Twitter