Groot ontploffing ruk Mogadisjoe
2011-10-18 20:02
Magadisjoe – Volgens inwoners het ‘n groot ontploffings Mogadisjoe, Somalië se hoofstad, geruk, het AP berig.
Volgens ‘n AP-korrespondent het inwoners gesê dat die ontploffing naby die gebou van die land se departement van buitelandse sake gebeur het. Dit is nog nie bekend wat die ontploffing veroorsaak het en of enigiemand beseer is nie.
Kenia se ministers van verdediging en buitelandse sake is in Mogadisjoe om met regeringsamptenare te vergader nadat Kenia Sondag ‘n militêre operasie van stapel gestuur het teenoor al-Shabaab-rebelle in die suide van Somalië.
Volgens die AP-korrespondent het die ontploffing baie naby aan waar die vergaderings glo plaasvind, gebeur.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP