Green Berets gaan help in Uganda

2011-10-18 07:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Uganda en Amerika het met ’n omvattende militêre veldtog begin om een van Afrika se wreedste terroriste, Joseph Kony, en sy sogenaamde Lord’s Resistance Army (LRA) te verslaan.

Die Amerikaanse weermag stuur in opdrag van pres. Barack Obama 100 lede van sy elite-spesialiseenheid, die Green Berets, na die noorde van Uganda om dié land se soldate vir die komende veldtog op te lei.

Die voorhoede van dié gevegseenheid het gister in Uganda aangekom.

Die Amerikaanse soldate staan onder die bevel van Afrika se sogenaamde Afrika-kommandement (Afcomm) wat sy hoofkwartier in Stuttgart, Duitsland, het.

Kony, wat ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming van die Internasionale Strafhof sedert 2008 ontduik, voer al byna twee dekades lank ’n skrikbewind in die noorde van Uganda, die Suid-Soedan, die Demokratiese Republiek van die Kongo en die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Afcomm het in ’n verklaring gesê die hoofdoel is om Kony en sy bevelvoerders aan te keer of van die slagveld te verwyder.

Stappe word ook gedoen om die plaaslike bevolkings in al vier lande te beskerm en om die LRA te ontbind.

Dis die eerste keer sedert die mislukte Amerikaanse aanval op Somaliese rebelle in Mogadisjoe in 1993 dat Amerika gevegsmagte amptelik op Afrika-bodem ontplooi.

Kony, ’n Ugandees wat na bewering militêre en geldelike steun van die Soedanse regering kry, word daarvan beskuldig dat hy in 2008 alleen meer as 2 400 mense vermoor en 3 400 ontvoer en vermink het.

Meer as 380 000 mense is tot dusver in mislukte militêre optredes deur en teen hom inheems ontwrig in die gebied aan en teenoor die Ugandese noordgrens.

Die ontplooiing van die Amerikaanse soldate as “waarnemers in volle gevegsmondering” word op versoek van die Ugandese regering en met die “kennisname” van die Afrika-Unie gedoen.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: uganda

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Terracan 2.9 CRDi 4x4 Dsl MY07
2004
R 169,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2004
R 49,995.00

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT
2006
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.