Goodluck deel meegevoel aan families van slagoffers
2012-01-23 12:00
Abuja – Goodluck Jonathan, die president van Nigerië, het sy meegevoel oorgedra aan die families van slagoffers in die jongste vlaag aanvalle in die land, het RSG berig.
Hy het beloof om veiligheid te verskerp en diegene wat vir die aanvalle in die noordelike stad Kano verantwoordelik was, te laat boet.
Minstens 196 mense is in die aanvalle dood.
Die radikale Islamitiese sekte, Boko Haram, het verantwoordelikheid vir die bomaanvalle en skietery aanvaar.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG