Ghana: 2 dood, 10 vermis na boot omslaan
2011-09-08 11:08
Accra – Twee mense is dood en tien word vermis nadat ‘n boot met meer as 90 passasiers op Ghana se Volta-meer omgeslaan het, het ‘n reddingsbeampte Woensdag gesê.
“Daar was 92 passasiers op die boot toe die tragedie plaasgevind het. Van die passasiers kon deur inwoners van die dorp gered word, terwyl ander dit reggekry het om wal toe te swem,” het Amadu Baba Seidu, ‘n rampbestuurkoördineerder in die gebied, gesê.
Die ongeluk het laat Dinsdagnag in die Kete-Krachi-omgewing gebeur.
Soekpogings is nog onderweg om na tien vermiste mense te soek.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP