Gewelddadige rooftog tref eiland
2010-01-18 23:02
Dar es Salaam – Gewapende rowers het 14 inwoners op ’n eiland in die Victoriameer geskiet nadat hulle die rowers met hul gesteelde goedere probeer voorkeer het, het ‘n amptenaar Maandag gesê.
Abbas Kandoro, die streekskommissaris van die Mwanza-streek het gesê sowat 17 mense is gedurende die gewelddadige rooftog beseer.
Die voorval het laat Saterdagaand op die Izinga-eiland plaasgevind.
“Bandiete het op die eilanders begin skiet nadat hulle die rowers probeer voorkeer het om hulle besittings terug te eis,” het hy gesê.
"Dit was ‘n bloedbad. Dié rowers was mal mans,” het Kandoro gesê.
Hy het die voorval egter as ‘n “historiese gebeurtenis beskryf”.
- Reuters