Geweld breek uit tussen Moslems en Christene
2010-01-18 22:01
Jos - Kwaai Moslem jeugdiges het ‘n kerk vol gelowiges aan die brand gesteek in die noorde van Nigerië en ‘n oproer veroorsaak waarin ten minse 27 mense dood is.
Omtrent 300 mense is na bewering beseer in dié mees onlangse voorval van godsdienstige geweld in Nigerë.
In 2008 het omtrent 5 000 mense hul tuistes verloor toe oproeriges moskees en huise in Jos afgebrand het.
Meer as 300 inwoners is in die 2008 voorval dood, het Auwal Muhammad Madobi van die Rooikruis gesê.
Sami Mudi, woordvoerder vir die plaaslike imam, sê ‘n vlaag geweld het die naweek tussen Moslem en Christene uitgebreek nadat Moslem jeugdiges ‘n Katolieke kerk afgebrand het.
Vyf-en-dertig mense is blykbaar in hegtenis geneem en ‘n streng klokreëling sal vir die volgende paar dae geld.
- Sapa