Gewapende bende beroof Zim-myn
2011-07-27 08:08
Johannesburg – ‘n Gewapende bende van 46 lede het ‘n myn in Kadoma, Zimbabwe op twee afsonderlike geleenthede beroof en met meer as vier ton gouderts weggekom, het die Herald Online berig.
Die bende het van die mynwerkers glo ook met ysterstawe en knuppels aangerand.
Sam Munyoro, die eienaar van die myn, het die diefstal bevestig maar wou nie verdere inligting oor die voorvalle gee nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA