Gesondheidsorg benodig in Soedan

2009-11-07 01:34
Tweets Share Share line Print

Geneva – Drie kwart van Suid Soedan se inwoners het nie toegang tot mediese sorg nie, terwyl 10% van alle kinders hier en in Darfoer sterf, voor hul eerste verjaarsdag, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gesê.

Mohammad Abdur Rab, verteenwoordiger van die WGO vir Soedan, het gewaarsku dat ‘n tekort aan gesondheidswerkers en medikasie, duisende mense se lewens in gevaar stel.

In die weste van Darfoer waar ‘n na raming 4 miljoen mense uit hul huise gesit is, is 15% van kinders wangevoed, en siektes soos malarië, meningitis en diarreë kom algemeen daar voor.

In die suide van die land is daar tans 2 000 swanger vroue wat sterf met elke 100 000 geboortes.

“Hierdie syfers is van die hoogstes in die wêreld,” het Abdur Rab gesê.

Daar is tien gekwalifiseerde verpleegsters in Suid Soedan, wat ‘n populasie van 8 miljoen het.

Die klimaat maak dinge ook moeilik, omdat mediese bystandsentrums tydens seisoenale reënval nie toeganklik is nie, terwyl mense in die droeë seisoen ure moet loop om by ‘n gesondheidsfasiliteit uit te kom.

Volgens Abdur Rab moet donateurs hul ondersteuning vir bystanddienste in Soedan vermeerder, met spesiale aandag aan sekondêre en tersiêre sentrums.

Nie-regeringsorganisasies verskaf byna 80% van alle bystand gesondheidsdienste in die streek, wat slegs 25% van die populasie bereik.

In Darfoer, waar die regering 13 buitelandse organisasies verban het en drie plaaslike bystandsgroepe toegemaak het, word ekstra versterkings benodig om die uitbreek van dodelike siektes soos cholera te voorkom.

 - Reuters
 

Lees meer oor: soedan  |  gesondheid

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Terracan 2.9 CRDi 4x4 Dsl MY07
2004
R 169,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2004
R 49,995.00

JEEP

Cherokee Sport 3.7 4x4 AT
2006
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.