Geld vir Vigs raak minder
2009-11-05 14:52
Johannesburg – Volgens ‘n mediese hulplenigingsgroep is befondsing vir Vigs in die gedrang en dit kan vooruitgang in die afname van MIV negatief beïnvloed.
Amptenare van Medecins Sans Frontieres het Donderdag by ‘n nuuskonferensie gesê dat die resessie en oproepe om befondsing aan ander gesondheids-krisisse te verleen, die geveg teen Vigs benadeel.
Die groep, wat ook bekendstaan as Dokters Sonder Grense, het gesê dat geld vir ander gesondheidskwessies nie ten koste van geld vir Vigs gegee moet word nie.
Daar word soms onderskeid getref tussen siektes soos masels en tuberkulose, wat talle in arm lande se lewens eis, in vergelyking met vigs.
Dit kan soms dus voorkom asof gesondheid- en ontwikkelingswerkers opgevang word in kompetisie vir internasionale skenkingsgelde.
- Sapa-AP