Geheime polisiebeampte in Nigerië doodgeskiet
2012-02-06 20:00
Kano – Gewapende mans het laat Sondag glo 'n geheime polisiebeampte voor sy huis in Damaturu, in die noordoostelike deel van Nigerië, doodgeskiet, het 'n inwoner gesê.
Die polisie het die skietery bevestig maar het gesê hulle is nie seker of die man in die voorval dood is nie.
Die polisiebeampte het Sondagaand saam met vriende buite sy huis gesit toe twee gewapende mans deur die agterstraat gekom en op hom losgebrand het, het die inwoner gesê.
Die slagoffer se vriende het tydens die aanval weggehardloop.
Die identiteit van die beampte is nie bekendgemaak nie.
Damaturu gaan gebuk onder geweld wat op die militante Islamistiese groep Boko Haram geblameer word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP