Gbagbo-ondersteuners is woedend
2011-12-01 12:07
Abidjan – Ondersteuners van Laurent Gbagbo, die voormalige president van die Ivoorkus, is woedend oor sy verskuiwing na die internasionale strafhof (ISH) in Den Haag, het RSG berig.
Hy is na Nederland geneem om voor dié hof tereg te staan op aanklagte van misdade teen die mensdom.
Pro-Gbagbo-koerante het gesê dit dui die einde van versoening in die Ivoorkus aan.
Gbagbo is gedwing om ná maande se geweld die tuig neer te lê nadat 'n burgerlike konflik in die Ivoorkus uitgebreek het.
Die verkiesingsgeweld het gevolg nadat Gbagbo geweier het om sy nederlaag in die presidentsverkiesing verlede jaar te aanvaar.
Luis Moreno-Ocampo, die hoofaanklaer van die ISH, het egter gesê hulle het woord gehou om diegene wat vir die geweld verantwoordelik is, tot verantwoording te roep.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter.