Gays tot 5 jaar tronkstraf gevonnis
2011-11-24 11:45
Yaounde – ‘n Hof in die stad Yaounde het drie Kameroense mans tot vyf jaar tronkstraf gevonnis omdat hulle gay seks gehad het, het hul prokureur gesê.
Die hof het die drie mans Dinsdag tot vyf jaar tronkstraf en ‘n boete gevonnis, die swaarste straf wat tot dusver in Kameroens, waar homoseksualiteit verbied word, opgelê is, het die prokureur Michel Togue gesê.
“Dit is ‘n slegte beslissing, want dit oortree blatant die wet,” het Togue gesê.
Hy het ook die regter daarvan beskuldig dat die verhoor met homofobiese innuendo gepeper was.
Die drie mans is na bewering in Julie betrap waar hulle in ‘n motor seks gehad het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP