Gay pornografie in kerk gewys
2010-02-18 05:29
Kampala – ‘n Pastoor wat Uganda se anti-gay regte wil ondersteun het gay pornografie in ‘n stampvol kerk in Kampala gewys in ‘n poging om nog ondersteuners te kry.
Sowat 300 ondersteuners het in die kerk bymekaar gekom nadat hul groot beplande optog deur die polisie weens veiligheidsredes gestop is.
Eksplisiete pornografiese prente is in die kerk gewys.
“Is dit wat Obama Afrika toe wil bring?” het Martin Ssempa in die kerk gevra.
Amerika het verlede jaar Uganda se grondwet gekritiseer wat die stappe teen homoseksualiteit verder wou vat.
Homoseksualiteit in Uganda kan in sekere gevalle met lewenslange tronkstaf gevonnis word.
Die grondwet het aanvanklik politieke ondersteuning in Uganda gekry, maar het sterk kritiek van Barack Obama, president van die VSA, gekry wat dit “afskuwelik” genoem het.
- Sapa-AFP