Gay paartjie vrygelaat
2010-05-29 17:22
Lilongwe - Bingu wa Mutharika , Malawi se president, het Saterdag aangekondig dat twee gay mans wat in Malawi tot 14 jaar tronkstraf gevonnis is, vrygelaat sal word.
Die mans is skuldig bevind op aanklagte van onnatuurlike dade en onsedelikheid.
“Die kwytskelding en vrylating sal vandag plaasvind,” het Mutharika aan verslaggewers gesê nadat hy met Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN, vergader het.
“Vanuit ‘n menseregte oogpunt word hulle van hierdie oomblik af vrygelaat en kwytgeskeld,” het Mutharika gesê.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.