Gay-aktivis in Uganda vermoor

2011-01-27 12:56
Tweets Share Share line Print

Kampala – ‘n Ugandese gay-aktivis, wat verlede jaar in ‘n koerantberig met die kop “Hang hulle” verskyn het, is in sy Kampala-woning doodgemaak.

David Kato was een van drie mense wat in Uganda se Rolling Stone-koerant se reeks anti-gay berigte verskyn het.

“Getuies het aan polisie gesê ‘n man het Kato se huis Woensdag binnegegaan en hom twee keer oor die kop geslaan voor hy in ‘n voertuig vertrek het,” het New Yorkse menseregtegroep Human Rights Watch gesê.

Kato is op pad na die hospitaal dood. “Polisie het aan Kato se prokureur gesê hulle het die wegkommotor se registrasienommer,” het Human Rights Watch gesê.

Polisie kon nie bevestig of die moord as gevolg van Kato se aktivisme of sy seksuele voorkeur was nie. Kato het egter gesê hy het doodsdreigemente na die berig se publikasie ontvang.

Uganda se anti-gay beweging het internasionale opskudding in 2009 veroorsaak met voorgestelde wetgewing wat “herhaalde oortredings” van homoseksualiteit met die dood strafbaar sou maak.

Die wetgewing is egter opsygeskuif na internasionale druk.

Rolling Stone het 29 foto’s gepubliseer met die name en adresse van “oortreders.”

Die eerste artikel, waarin Kato verskyn het, het onder die kop “Hang hulle” verskyn.

Die redakteur van die koerant, Giles Muhame, het die moord veroordeel.

“As hy vermoor is, is dit jammer en ons bid vir sy siel,” het Muhame gesê.

“Ons wil hê die regering moet mense wat homoseksualiteit aanmoedig hang. Ons wil nie hê die publiek moet hulle aanval nie. Ons het gesê hulle moet gehang word, nie gestenig of aangeval nie.”

Volg Nuus24 op Twitter.


 

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... En 'n betoging teen Mugabe is sekerlik ook nie uitgesluit nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 195,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02 PU
2004
R 114,994.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail Super Cab XLT Dsl PU MY09
2010
R 234,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.