Gaddafi word weer oupa
2011-08-30 18:57
Algiers – Muammar Gaddafi se dogter, Aisha, wat saam met ander familielede na Algerië gevlug het, het geboorte aan ‘n babadogtertjie gegee, het Algerynse owerhede Dinsdag aangekondig.
“Aisha het baie vroeg vanoggend geboorte gegee. Sy het nou ‘n klein dogtertjie. Die ma en dogter is beide gesond,” het ‘n regeringsbeampte gesê.
Gaddafi se vrou en drie van sy kinders na Algerië gevlug nadat Tripoli deur die rebellemagte oorgeneem is.
Die Libiese rebelle het bekend gemaak dat hulle 'n versoek aan Algerië gerig dat Gaddafi se familie na Libië teruggestuur word.
Aisha het ‘n dogter verloor toe Navo in April een van Gaddafi se vestings opgeblaas het. Een van sy seuns en drie van sy kleinkinders is tydens daardie aanval dood.
Aisha het in Junie ‘n klag van oorlogmisdade teen Navo in België aanhangig gemaak en die alliansie daarvan beskuldig dat hulle opsetlik ‘n burgerlike teiken opgeblaas het en haar dogter en ander familielede in die proses gedood het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP