Gaddafi wil stad van rebelle 'bevry'
2011-07-15 09:02
Tripoli – Muammar Gaddafi, die Libiese leier, het sy ondersteuners aangemoedig om op te ruk na die rebelle-vesting Benghazi in die ooste van die land, berig RSG.
Hy het gesê hulle moet die stad bevry van wat hy "die verraaiers" genoem het.
Hy het in 'n radioboodskap in Al-Ejelat, in die ooste van die hoofstad, Tripoli, gesê die uur van die stryd het aangebreek.
Gaddafi het gesê sy volgelinge moet gereed maak vir 'n opmars na Benghazi en Misrata en die berge in die weste van die land.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG