Gaddafi 'was bang hy eindig op soos Saddam'

2011-10-20 18:06
Tweets Share Share line Print

Kaïro – Muammar Gaddafi, wat graag na homself as die “leier van die rewolusie” verwys het sedert hy in 1969 in Libië aan bewind gekom het, is, ironies genoeg, in sy eie land deur ‘n rewolusie ontsetel en doodgemaak.

Die rewolusie wat tot sy val gelei het, het die einde van Gaddafi se 42 jaar aan bewind van die land beteken en Gaddafi gedwing om van aankomende troepe van die land se tussentydse Nasionale Oorgangsraad te vlug.

Daar is Donderdag bevestig dat Gaddafi doodgemaak is toe troepe hom in sy tuisdorp, Sirte, gevang het. Sy lyk is na Misrata geneem, waar ‘n dokter gesê het hy is aan skietwonde dood.

Gaddafi het neergekyk op die “Arabiese Lente” wat deur die Midde-Ooste en Noord-Afrika gespoel het en burgers van Egipte en Tunisië uitgeskel nadat hulle vroeër vanjaar hul langdienende leiers in opstande ontsetel het.

Toe sy eie mense in Februarie teen hom in opstand gekom het, het Gaddafi hulle as “rotte, donkies, dwelmverslaafdes, lafaards, verraaiers” bestempel en hulle met grootskaalse geweld onderdruk.

Die man wat met vrygewigheid militêre en finansiële bystand geleen het aan rebellegroepe oor die wêreld heen – van Noord-Ierland tot die Fillipyne – is deur rebelle in sy eie land, waar hy beloof het om “nooit terug te val of oor te gee nie”, ontsetel.

Hy het sterk uitgevaar teen die rebelle en Navo-aanvalle – wat in Maart deur die Verenigde Nasies goedgekeur is om burgerlikes te beskerm – en volgehou: “Ek het al die Libiese mense wat my ondersteun en hulle is bereid om vir my te sterf.”

Magte lojaal aan die Nasionale Oorgangsraad het egter beheer oor Tripoli gewen en nader beweeg aan Gaddafi se laaste vestings by Sirte en Bani Walid. Die ontsetelde leier en sy seuns is gedwing om te vlug en weg te kruip, terwyl ander familielede van hom uit die land gevlug het.

Die enigste tekens van lewe was sporadiese radio-uitsendings deur die voormalige leier, waartydens hy ‘n beroep op alle Libiërs gedoen het om die rebelle teen te staan. Dié beroep is nie beantwoord nie.

Sy voormalige minister van buitelandse sake, Abdul Rahman Shalqam, wat die Gaddafi-bewind vroeër vanjaar verlaat het, het gesê Gaddafi se luidrugtige optrede was ‘n skerm vir vrese dat hy ontsetel sal word.

“In onlangse jare het die vrees by Gaddafi gespook dat hy soos Saddam Hussein sal opeindig,” het hy gesê, met verwysing na die voormalige Irakse diktator wat in 2006 tereggestel is.

- Vir 'n video van Gaddafi se dood, besoek Al Jazeera se webwerf (waarskuwing: nie vir sensitiewe lesers nie)

- Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa-DPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... En 'n betoging teen Mugabe is sekerlik ook nie uitgesluit nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 195,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02 PU
2004
R 114,994.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail Super Cab XLT Dsl PU MY09
2010
R 234,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.