Gaddafi vra Libiërs om teen nuwe bewind te betoog
2011-10-06 20:57
Tripoli – Die ontsetelde Libiese leier Muammar Gaddafi het ‘n beroep op Libiërs gedoen om in hul miljoene op te ruk en teen die land se nuwe regeerders te betoog.
Hy het dié boodskap Donderdag gelewer in ‘n uitsending, wat slegs klank bevat het, op die Arrai-televisiekanaal, wat in Sirië gebaseer is.
“Ek doen ‘n beroep op die Libiese mense, mans en vroue, om in hul miljoene uit te gaan na die pleine en die strate en al die stede,” om die Nasionale Oorgangsraad te verwerp, het hy in dié uitsending, wat van swak gehalte was, gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP