Gaddafi verkrag glo vroulike lyfwagte

2011-08-29 07:58
Tweets Share Share line Print

Malta – Vyf vroue wat deel was van Muammar Gaddafi se uitsoekeenheid van vroulike lyfwagte beweer hulle is verkrag en misbruik deur die voormalige diktator, berig The Sunday Times of Malta.

Die vroue het aan ’n sielkundige in Benghazi, Seham Sergewa, vertel hulle is seksueel misbruik deur Gaddafi en sy seuns voordat hulle “weggegooi” is sodra dié mense verveeld geraak het met hulle.

Dié bewerings vorm deel van ’n dossier wat deur Sergewa saamgestel word vir die internasionale misdaadhof en moontlike verhoor in Libië van Gaddafi en lede van sy binnekring indien hulle lewend gevange geneem word.

Een van die vroue het aan Sergewa vertel sy is afgepers om by die eenheid – wat glo tot 400 vroue bevat het – aan te sluit, ná die regime ’n storie versin het dat haar broer dwelms na Libië gebring het ná ’n vakansie in Malta.

“Daar is aan haar gesê ‘jy word óf ’n lyfwag óf jou broer sal die res van sy lewe in die tronk deurbring’,” het Sergewa in ’n onderhoud met die koerant gesê.

“Sy is uit die universiteit geskors en is gesê sy moet Gaddafi vra om in te gryp sodat sy kan teruggaan. Sy moes ’n mediese toets, insluitend een vir MIV, ondergaan wat deur ’n Oos-Europese verpleegster gedoen is.”

Uiteindelik is sy geneem om Gaddafi te ontmoet by sy Bab Aziziya-kampong in Tripoli. Sy is na sy private kwartiere geneem waar sy hom in sy pajamas gekry het.

“Sy kon dit nie verstaan nie, want sy het hom as ’n vaderfiguur beskou, leier van die nasie, daardie soort ding. Sy het sy toenadering geweier en hy het haar toe verkrag,” het Sergewa gesê.

’n Patroon van mishandeling het in die stories duidelik geword.

Die vroue sou eers deur die diktator verkrag word en dan aangegee word aan een van sy seuns en uiteindelik aan hoë offisiere om verder misbruik te word voordat hulle laat gaan is, het die sielkundige gesê.

Die vroue het na vore gekom nadat Sergewa begin ondersoek instel het na bewerings van stelselmatige verkragting wat na bewering tydens die konflik deur lojalistiese troepe gepleeg is.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Die Burger
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... En 'n betoging teen Mugabe is sekerlik ook nie uitgesluit nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 195,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02 PU
2004
R 114,994.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail Super Cab XLT Dsl PU MY09
2010
R 234,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.