Gaddafi speel skaak terwyl oorlog woed
2011-06-13 13:25
Tripoli – Libiese staatstelevisie het beeldmateriaal van Muammar Gaddafi gewys waar hy skaak teen die hoof van die Wêreldskaakfederasie (Fide) speel terwyl gevegte tussen die sy magte en rebelle voortduur.
Die beelde, wat Sondag uitgesaai is, wys hoe Gaddafi en president Kirsan Ilyumzhinov skaak speel terwyl Gaddafi se oudste seun, Muhammad, toekyk.
Gaddafi is laas in die publiek gesien toe hy vir Jacob Zuma, die Suid-Afrikaanse president, in Tripoli op 30 Mei verwelkom het.
Daar is nie op televisie gesê waar die skaakspel plaasgevind het nie, maar Ilyumzhinov het aan ‘n Russiese nuusagentskap gesê dat hy teen Gaddafi in Tripoli gespeel het.
-Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP