Gaddafi se tuisdorp byna in NOR se hande
2011-10-10 23:00
Tripoli – Magte wat Muammar Gaddafi se regime in Libië teenstaan sê hulle het die diktator se tuisdorp so te sê oorgeneem, berig Sky News.
Vegters lojaal aan die regerende Nasionale Oorgangsraad sê hulle het ‘n konferensiesentrum, universiteit en die hospitaal in Sirte oorgeneem.
“Ons beheer die Ouagadougou-sentrum 100%,” het Mohammed al Fayad, ‘n militêre hoof in die NOR, gesê.
“Ons is gereed om binne die volgende paar uur die middestad van Sirte binne te val,” het Fayad gesê.
“Dis nou net ‘n kwessie van koördinering. Ons het net tyd nodig.”
Intussen het NOR-vegters deur die Ouagadougou-sentrum beweeg en alle foto’s van Muammar Gaddafi van die mure afgehaal.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.