Gaddafi se seun wil tou opgooi

2011-10-29 08:06
Tweets Share Share line Print

Tripoli – Saïf al-Islam Gaddafi (39) het gepleit vir ’n vliegtuig om hom te kom haal sodat hy hom aan die internasionale strafhof (IS) in Den Haag kan oorgee.

Hy en die voormalige hoof van intelligensie, Abdullah al-Senussi, is glo gereed om verhoor te word, het ’n bron van Libië se Nasionale Oorgangsraad (NOR) gesê.

Aanklaers van die strafhof het in ’n verklaring gesê hulle het daarin geslaag om Al-Islam informeel te kontak. Bemiddelingsprosesse is nou onderweg.

Al-Islam, Gaddafi se seun en die regmatige troonopvolger, is ook Vrydag deur die ISH gewaarsku dat hulle hom sal onderskep en in hegtenis neem indien hy sou probeer om per vliegtuig na ’n Afrika-land te vlug.

Sedert die dood van Gaddafi verlede week het Al-Islam op die vlug geslaan.

Daar word vermoed hy en Al-Senussi skuil tussen die Tuareg-nomade in die Sahara-woestyn, iewers tussen Libië en Niger.

Die ISH het nie gesê waar Al-Islam hom bevind nie.

Luidens die verklaring probeer die ISH om hom tot optrede aan te spoor sodat hy en Al-Senussi in hegtenis geneem kan word. Die ISH het nie sy eie polisiemag nie en maak op lande se samewerking staat.

Luis Moreno-Ocampo, ISH-aanklaer, het gesê hulle het deur informele kommunikasiekanale verneem daar is huursoldate wat Al-Islam help om na ’n Afrika-land te ontsnap.

“Ons kyk ook na die moontlikheid om enige vliegtuig in die lug te onderskep om ’n inhegtenisneming te doen.”

Amptenare van die NOR het ook gesê huursoldate, insluitend dié van Suid-Afrika, tree as lyfwagte vir Al-Islam op.

Nuus24 het vroeër berig oor die Suid-Afrikaanse huursoldate wat Al-Islam steeds bewaak.

Vliegtuie is volgens Die Burger se inligting op ’n gereedheidsgrondslag op die Lanseria-lughawe in Randburg, sowel as in Sjarjah in die Verenigde Arabiese Emirate, om Al-Islam en die Suid-Afrikaanse soldate tot hulp te kom.

Amptenare van die NOR het gesê dit mag dalk Al-Islam se veiligste opsie wees om homself eerder oor te gee.

Die Burger

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... En 'n betoging teen Mugabe is sekerlik ook nie uitgesluit nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XR 1.4 HDi Dsl 5-dr
2006
R 118,900.00

ISUZU

KB250D LWB Dsl MY97 PU
2012
R 187,000.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2008
R 247,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.