Seun van Gaddafi bly “neutraal”
2011-09-05 13:47
Washington – Een van Muammar Gaddafi se seuns het sy broer, Saif al-Islam, blameer vir die mislukking van samesprekings oor die oorgee van een van die voormalige diktator se lojaliste se laaste vestings, het CNN berig.
Saadi Gaddafi het gesê ‘n “aggressiewe” toespraak van sy broer wat ‘n paar dae gelede uitgesaai is, het tot die skielike beëindiging van onderhandelings met die Nasionale Oorgangsraad gelei en die weg vir ‘n aanval gebaan.
Die stad suid-oos van Tripoli is een van die laaste vestings van Gaddafi se ondersteuners, en huisves glo minstens een van Gaddafi se seuns.
Saadi gesê dat hy hom tans “’n entjie buite” Bani Walid bevind, maar dat hy die heeltyd rondbeweeg. Hy het gesê dat hy sy pa en sy broer meer as twee maande gelede gesien het.
Saadi het gesê hy is “neutraal” is, en hy is “gereed om vir ‘n wapenstilstand te onderhandel.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP