Gaddafi se neef vasgetrek
2011-10-09 13:36
Tripoli – Vegters lojaal aan Libië se oorgangsleiers het Abdel Rahman Abdel Hamid, ‘n neef van die voortvlugtige leier Muammar Gaddafi, in die hawestad Sirte in hegtenis geneem, het Al Jazeera Sondag berig.
Abdel Hamid is ‘n bevelvoerder van die pro-Gaddafi-brigade in Sirte waar troepe veg om die stad oor te neem, het die uitsaaier berig.
Volgens Al Jazeera het die troepe wat teen Gaddafi is, verskeie beheerpunte in Sirte opgerig om te keer dat Gaddafi-ondersteuners die stad verlaat.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA