Gaddafi se dogter sê hy is 'op en wakker'
2011-09-24 14:44
Kaïro – Muammar Gaddafi se dogter sê die voorvlugtige voormalige Libiese leier is lewendig en gesond.
“My pa is op en wakker en hy veg saam met die revolusionêre magte,” het sy dogter, Aisha, Saterdag gesê. Haar boodskap is op die kanaal Al Rai Television uitgesaai.
“Die nuwe leiers van Libië is verraaiers,” het sy gesê.
Hierdie is haar eerste boodskap sedert sy in Augustus saam met haar ma en ander familielede na Algerië gevlug het.
Al Rai-TV word volgens berigte deur ondersteuners van Gaddafi bestuur.
Rebellevegters het Vrydag gesê hulle gaan 'n nuwe aanslag op die dorp Bani Walid in die suid-ooste van die land loods, waar magte lojaal aan Gaddafi die afgelope twee weke sterk weerstand gebied het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA