Gaddafi se dae is getel, sê Amerika

2011-08-18 08:31
Tweets Share Share line Print

Benghazi  – Rebelle wat die regering van kol. Muammar Gaddafi probeer omverwerp, het berigte van geheime samesprekings Dinsdag met die Libiese leier met minagting bejeën. Dít terwyl hulle eenstryk deur probeer om hul posisie te versterk.

Intussen het Amerika gesê Gaddafi se dae is getel.

Nadat hy 41 jaar lank ongebreidelde mag in die olieryke woestynstaat geniet het, is die 69-jarige Gaddafi nou in Tripoli geïsoleer terwyl die opnuut begeesterde rebelle uit die weste en suide nader aan hom beweeg.

Die rebelle se Nasionale Oorgangsraad, wat erken word deur baie van die Navo-lande wat lugmagsteun aan hulle verleen, het ontken dat enige onderhandelings vandeesweek plaasgevind het om die ses maande lange konflik te besleg.

“Die NTC wil bevestig dat geen onderhandelings, direk of indirek, met die Gaddafi-regime of met die spesiale afgevaardigde van die Verenigde Nasies gehou is nie,” het die raad se leier, Mustafa Abdel Jalil, gesê. Gaddafi moet uittree en Libië verlaat, het hy gesê.

“Dit is ondenkbaar dat ons sal onderhandel of in gesprek sal tree in weerwil van hierdie basiese beginsel.”

In Washington het die Amerikaanse minister van verdediging, Leon Panetta, gesê Gaddafi se magte is op die verdediging geplaas en berigte dat ’n senior amptenaar in die Libiese veiligheidstruktuur weggebreek het, dui daarop dat die regering besig is om te wankel.

“Gaddafi se magte is verswak en hierdie jongste oorlopery is nog ’n voorbeeld van hoe swak hulle geword het,” het Panetta gesê.

“Ek dink die gevoel is dat Gaddafi se dae getel is,” het hy gesê by die geleentheid waar die minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, ook teenwoordig was.

Op ’n nuuskonferensie wat deur die Libiese staatstelevisiediens uitgesaai is, het die regeringswoordvoerder, Moussa Ibrahim, berigte ontken dat Gaddafi se magte op die vlug geslaan het, maar toegegee dat daar gevegte in verskeie gebiede is wat die rebelle reeds gesê het hulle beheer.

“Wees versigtig vir mediaveldtogte wat probeer om die rebelle groter te maak as wat hulle is,” het hy aan die Libiese verslaggewers gesê. “Sommige buitelandse politici sê hierdie regime se tyd is verby en dat dit net weke oor het. Hulle sê dit al ses maande lank en ons is nog hier.”

Die rebelle het die laaste twee dae twee strategiese dorpe naby Tripoli oorgeneem wat die stad van sy voorsieningsbronne afsny en die Libiese leier se opsies om aan die bewind te bly beduidend verklein.

Pro-Gaddafi-magte is egter besig om hard terug te veg in Zawiyah, wes van Tripoli, waar skerpskutters op hoë geboue op rebelle skiet en sarsies vuurpyle op die stad afgevuur is.

’n Scud-langafstandmissiel is Sondag ook die eerste keer in die oorlog gebruik, naby Sirte, waar dit in die oop woestyn ontplof het tussen twee rebellevestings, Brega en Ajdabiyah. Niemand is beseer nie.

Ontleders sê die afvuur daarvan is ’n teken van desperaatheid en toon dat die regering met sy rug teen die muur is.

Die Burger

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Reuters

Lees meer oor: muammar gaddafi  |  libië  |  oorlog  |  rebelle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... En 'n betoging teen Mugabe is sekerlik ook nie uitgesluit nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XR 1.4 HDi Dsl 5-dr
2006
R 118,900.00

ISUZU

KB250D LWB Dsl MY97 PU
2012
R 187,000.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2008
R 247,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.