Gaddafi nie deel van onderhandelinge met rebelle
2011-07-12 09:29
Tripoli – Muammar Gaddafi, die Libiese leier, sal nie deelneem aan 'n voorgestelde vergadering tussen sy regime en die rebelle nie, het Baghdadi al-Mahmudi, die Libiese premier, gesê.
“Die Leier sal nie deel van die vergaderings wees nie. Alles moet oop wees,” het hy tydens ‘n onderhoud met die Franse Le Figaro-koerant gesê.
“Ons is reg om onvoorwaardelik te onderhandel,” het hy gesê.
Gerard Longuet, die Franse minister van verdediging, het voorgestel dat Gaddafi in Tripoli kan bly tydens die vergadering, maar in ‘n ander vertrek in sy paleis. Navo sal dan sy bomaanvalle halt terwyl die vergadering plaasvind.
Al-Mahmudi het ook benadruk dat die bomaanvalle moet stop voor enige dialoog sal plaasvind.
“Ons wil net die ontploffings stop sodat ons in ‘n rustige atmosfeer kan praat,” het hy gesê.
“Ons kan nie praat as bomme om ons neerreën nie.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP