Gaddafi-miljoene vir medisyne gebruik
2011-08-15 20:38
Den Haag – Nederland het besluit om Muammar Gaddafi se gevriesde
fondse in dié land, aan die Wêreldgesondheidsdienste te (WGO) skenk.
Die WGO sal op hul beurt die sowat $143
miljoen (R1.1 miljard) gebruik om medisyne vir die mense van Libië te koop.
Uri Rosenthal, Nederland se minister van
buitelandse sake, sê dié uitbetaling is ‘n reaksie op ‘n dringende beroep deur
die WGO.
Nederland is die eerste Europese land om op
dié beroep te reageer.
Volgens Rosenthal sal hulle eers die fondse
beskikbaar kan stel sodra die Verenigde Nasies die plan goedkeur.
Dit sal beteken dat medisyne na burgers in
dorpe en stede wat deur beide rebelle-groepe sowel as groepe lojaal aan
Gaddafi beset is, versprei word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP