Gaddafi-lojaliste beheer distrikte in Bani Walid
2012-01-23 21:56
Tripoli – Ondersteuners van Muammar Gaddafi het Maandag beheer geneem oor “sommige belangrike distrikte” van Bani Walid, het ‘n plaaslike beampte aan AFP gesê.
Dié Libiese dorp was ‘n vesting van die ontslape diktator.
Mahmud Warfelli, ‘n woordvoerder vir dorp se plaaslike raad, sê die lojaliste het beheer geneem nadat hulle ‘n aanval op ‘n basis uitgevoer het.
“Hulle het beheer oorgeneem... in sommige distrikte, sommige belangrike distrikte in die middel van die stad,” het hy gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP