Gaddafi kruip dalk weg waar kernwapens is

2011-08-26 08:59
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Kol. Muammar Gaddafi en van sy familielede het hulle vandeesweek vermoedelik in sy etniese basis by Sebha in die suide van Libië ingegrawe, meen internasionale intelligensiespesialiste.

Die basis is blykbaar spesifiek vir dié doel aangepas om hom ver van die internasionale fokus op die inval in Tripoli af weg te steek.

Dit huisves ook die kernwapens wat Gaddafi al die afgelope twee jaar belowe het hy sou vernietig.

Groot hoeveelhede chemiese wapens soos onder meer mosterdgasprojektiele word blykbaar ook daar geberg, het die Israeliese intelligensiewebwerf Debkafile berig.

Die vermoede is dat die Gaddafi-familie reeds vroeg Dinsdagoggend deur een van die geheime uitgange van sy vesting Bab-Aziziya in Tripoli ontsnap het.

Die vesting het uitgange nie net na die buitewyke van die stad nie, maar ook na die see en is groot genoeg vir ’n groterige gepantserde voertuig om in te beweeg.

Die raaiselagtige verskyning van sy seun Saif al-Islam oornag in die Rixos-hotel in Tripoli was glo juis daarop gemik om verwarring te saai en die aandag van Gaddafi se ontsnapping af te lei.

Sebha is die gebied waar etniese groepe lojaal aan Gaddafi waarskynlik die beste beskerming aan hom sal bied.

Dit is ook buite reikafstand van Navo-vliegtuie se bombardemente.

Gaddafi het sy kernvermoë in 2000 daar hervestig, maar hoe ver hy sy belofte aan die Weste nagekom het om sy kernarsenaal af te takel, word bevraagteken.

Volgens Debkafile is Sebha die ideale gebied van waar hy in die lig van die vernietiging van sy vernaamste basisse in Tripoli in die nabye toekoms terreuraanvalle op die res van Libië kan orkestreer.

Ingeligtes het die afgelope tyd gesê groot getalle van sy etniese vegters het hulle die afgelope paar weke by Sebha gevestig, gereed om hul leier te beskerm.

Onder hulle is nagenoeg 100 000 lede van sy Gaddafi-stam wat normaalweg in Sirte, ’n hawestad aan die kus van die Middellandse See, woon. Die aanslag Woensdagaand op Tripoli was die eerste keer dat Arabiese en Westerse soldate sedert die begin van die Libiese revolusie sowat ses maande gelede saam met die Libiese vryheidsvegters geveg het.

Dit sluit spesmagte van Brittanje, Frankryk, Jordanië en Katar in, waaronder Franse valskermsoldate en die Jordaniese eenheid wat in stedelike oorlogvoering spesialiseer.

Dié eenheid was tot onlangs nog in Benghazi waar hulle die lede van die opposisie se oorgangsregering opgepas het.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Die Burger

Lees meer oor: muammar gaddafi  |  libië  |  tripoli  |  rebelle  |  oorlog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... En 'n betoging teen Mugabe is sekerlik ook nie uitgesluit nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XR 1.4 HDi Dsl 5-dr
2006
R 118,900.00

ISUZU

KB250D LWB Dsl MY97 PU
2012
R 187,000.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2008
R 247,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.