Gaddafi is welkom om in Uganda te bly
2011-03-30 18:00
Kampala - ‘n Woordvoerder van die Ugandese president het gesê dat Muammar Gaddafi, Libiese leier, meer as welkom is om in ballingskap in Uganda te gaan bly.
Hierdie aanbod deur Uganda lyk soos die eerste land wat gewillig is om die Libiese leier te aanvaar.
Tamale Mirundi, die perssekretaris vir president Toweri Museveni, het Woensdag gesê die land se beleid is om asielsoekers toe te laat om on ballingskap daar te woon.
Mirundi het gesê die beleid is gemaak gedeelteliks omdat talle Ugandese die regime van Idi Amin, die langtermyn diktator, ontvlug het en in ander Afrika-lande gaan woon het.
Museveni, wat die herverkiesing in Februarie gewen het, regeer al vir 25 jaar in Uganda.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP