Gaddafi het lankal gevlug, meen dokter

2011-08-24 08:55
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Rebellemagte het Dinsdagmiddag Bab-Azizi­yah, die laaste vesting van die Libiese diktator, kol. Muammar Gaddafi, binnegedring.

Die kanse is volgens ’n Libiese dokter in Suid-Afrika, wat as deel van sy mediese opleiding in die kompleks diens gedoen het, skraal dat Gaddafi steeds daar is.

“Hy hou nie van klein ruimtes nie en ly aan engtevrees. Hy het nooit langer as ’n dag of twee in die kompleks deurgebring nie. Dan het hy maar altyd weer na een van sy tente in die woestyn getrek,” het die dokter Dinsdagaand vertel.

Rebellesoldate het Dinsdag die standbeeld voor een van die kompleks se drie ingange, wat ’n vuis met ’n vegvliegtuig vasgeklem uitbeeld, bestorm.

Gaddafi het die standbeeld opgerig nadat die Amerikaners die kompleks in 1986 gebombardeer en sy aangenome dogter, Hanna, gesterf het.

Die aanval was uit wraak vir ’n Libiese aanval op ’n Berlynse diskoteek waarin twee Amerikaanse soldate dood is. Gaddafi en die res van sy familie het die aanval net-net oorleef.

Volgens die dokter het die kompleks drie ingange, aan die noorde-, suide- en westekant. Laasgenoemde grens aan ’n woud, terwyl die ander twee onderskeidelik aan die lughawe en ’n snelweg grens.

“Niemand is ooit toegelaat om die bunkergedeelte van die gebou binne te gaan nie. Die kompleks is 6km² groot met heelwat huise, ’n skool, ’n kliniek en dosyne soldate wat die plek bewaak.

“Daar is drie betonheinings waardeur ’n mens moet gaan om na aan die kern van die kompleks te kom. Aan die een kant is ’n groot tuin, en dit is waar Gaddafi se tent gewoonlik opgeslaan was.

“Niemand weet presies hoeveel verdiepings die bunker ondergronds strek nie, maar daar is wel ’n ingewikkelde netwerk van tonnels. Een gaan tot in die Rixos-hotel waar sy seun, Saif al-Islam, Dinsdagoggend die joernaliste verras het.

“Verskeie Europese ingenieurs het die bunker op die terrein, wat vroeër ’n militêre basis was, help bou. Die veiligheidstelsels van die bunker is van die mees gesofistikeerdes denkbaar, maar niemand weet presies hoe goed dit verseël is nie.

“Een van sy lyfwagte is onlangs in die pad gesteek. As die rebelle by só iemand inligting kon kry, sou hulle kon uitvind hoe om in die bunker te kom, maar ek glo nie hulle sal hom dáár kry nie.

“Ek dink hy het lankal gevlug. Ek weet daar is ’n uitgang aan die woud se kant. Die enigste manier hoe hulle dié wat binne-in is gaan uitkry, is om die bunker met water te oorstroom,” het die dokter bygevoeg.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Die Burger

Lees meer oor: muammar gaddafi  |  libië  |  tripoli  |  rebelle  |  oorlog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... En 'n betoging teen Mugabe is sekerlik ook nie uitgesluit nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XR 1.4 HDi Dsl 5-dr
2006
R 118,900.00

ISUZU

KB250D LWB Dsl MY97 PU
2012
R 187,000.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2008
R 247,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.