Gaddafi het kamp verlaat weens 'taktiese redes'
2011-08-24 08:15
Tripoli – Muammar Gaddafi, die omstrede Libiese leier, het gesê dat hy sy kamp in Tripoli, wat Maandag deur die rebelle oorgeneem is, in ‘n “taktiese skuif ”, verlaat het, het AFP Woensdag berig.
“Die Bab al-Azizya-kamp was niks anders as ‘n hoop gemors nie nadat dit die teiken van 64 Navo-missiele was. Ons het weens taktiese redes onttrek,” het Gaddafi in ‘n toespraak gesê. Die toespraak is op die webwerf van ‘n televisiekanaal waarvan sy seun, Saif al-Islam, die hoof is, uitgesaai.
Die toespraak is gelewer nadat die rebelle die kamp bestorm het maar geen teken van Gaddafi of sy familie kon vind nie.
Intussen het Mussa Ibrahim, die woordvoerder vir die Gaddafi-regering, gesê dat meer as 6 500 vrywilligers in Tripoli aangekom om vir Gaddafi te veg.
– Lees die volledige artikel by The Times of India.
– Volg Nuus24 op Twitter.