Gaddafi glo vas, gewond
2011-10-20 13:36
Sirte – Libiese televisiekanale berig dat Muammar Gaddafi deur NOR-vegters in Sirte gevang is, het Al Jazeera gesê.
Gaddafi is gevang en in albei sy bene gewond, het Abdel Majid, ‘n NOR-beampte, aan Reuters gesê.
Jamal abu-Shaalah, 'n NOR-bevelvoerder, het aan Al Jazeera gesê dat Gaddafi gevange geneem is, maar hy kon nie bevestig of die ontsetelde leier dood is of lewe nie.
Die aankondiging is gemaak kort nadat die NOR ná weke se militêre aksie beheer van Sirte, Gaddafi se tuisstad, oorgeneem het.
Navo kon nie die berigte bevestig nie.
– Al Jazeera
– Volg Nuus24 op Twitter.