Gaddafi-familie beskuldig Navo van oorlogsmisdade

2011-10-26 23:02
Tweets Share Share line Print

Parys – Muammar Gaddafi se familie beplan om aanklagte van oorlogsmisdade teen Navo by die internasionale strafhof aanhangig te maak vir die alliansie se beweerde rol in Gaddafi se dood, het die familie se regsverteenwoordiger Woensdag gesê.

Gaddafi is Donderdag gevange geneem en gedood in Sirte onder omstandighede waaroor daar steeds nie duidelikheid gekry is nie. Dit is wel bevestig dat ‘n Navo-vliegtuig geskiet het op die voertuie waarin Gaddafi en van sy beamptes probeer vlug het.

Marcel Ceccaldi, ‘n Franse prokureur wat voorheen vir die Gaddafi-regime gewerk het en nou die familie verteenwoordig, het gesê die aanklagte sal by internasionale strafhof in Den Haag ingedien word omdat die Navo-aanval direk na Gaddafi se dood gelei het.

“Die opsetlike moord van iemand wat deur die Konvensie van Genève beskerm word, word gedefinieer as 'n oorlogmisdaad in Artikel 8 van die strafhof se Verdrag van Rome,” het hy gesê.

Hy kon nog nie sê wanneer die aanklagte ingedien gaan word nie, maar dat die uitvoerende liggaam van Navo en die leiers van die lidlande van die alliansie daardeur geteiken sal word.

“Gaddafi se moord bewys dat die doel van die Navo-sending nie was om burgers te beskerm nie, maar om die regime omver te werp,” het Ceccaldi gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... En 'n betoging teen Mugabe is sekerlik ook nie uitgesluit nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XR 1.4 HDi Dsl 5-dr
2006
R 118,900.00

ISUZU

KB250D LWB Dsl MY97 PU
2012
R 187,000.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2008
R 247,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.