Gaddafi dood in aanval, beweer NOR
2011-10-20 14:26
Sirte – Muammar Gaddafi, die voormalige Libiese leier, het aan sy wonde beswyk nadat hy Donderdag naby Sirte, sy tuisstad, gevange geneem en gewond is, het ‘n militêre beampte van die Nasionale Oorgangsraad (NOR) gesê.
Abdel Majid Mlegta het aan Reuters gesê dat Gaddafi vroeër gevange geneem en in albei sy bene gewond is.
Hy het glo in 'n konvooi uit die stad probeer vlug toe Navo-vegvliegtuie 'n aanval uitgevoer het.
“Hy is ook in sy kop geskiet,” het die beampte gesê. “Daar is baie op die groep vlugtendes geskiet en hy is dood.”
Geen onafhanklike bronne kon die berigte bevestig nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters