Gaddafi bly uit AU-praatjies

2011-06-26 23:18
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die Libiese leier Muammar Gaddafi het ingestem om uit onderhandelinge om die vier maande lange konflik in dié land te beëindig, te bly, het Afrika-leiers ná praatjies Sondag in Suid-Afrika gesê.

Die Afrika Unie se paneel vir Libië “verwelkom Kolonel Gaddafi se aanvaarding om nie deel van die onderhandelingsproses te wees nie,” het ‘n verklaring gelui, sonder verdere uitbreiding.

Die AU se vrede- en veiligheidskommissaris, Ramtane Lamamra, het dié verklaring voorgelees, maar geweier om enige vrae te beantwoord.

‘n Suid-Afrikaanse beampte het ná die paneelvergadering gesê die paneel wou graag hê Gaddafi moes ‘n openbare verklaring aflê waarin hy self sou sê hy gaan nie aan die onderhandelinge deelneem nie, maar hy het geweier.

“Dit beteken hy is klaar,” het die beampte, wat ‘n lid was van die Suid-Afrikaanse span wat verlede maand na Tripoli gereis het in ‘n gefaalde poging om vredesonderhandelinge van stapel te stuur, aan AFP gesê. Hy verkies om anoniem te bly.

Die verklaring het die Afrika Unie se beroep op ‘n onmiddellike skietstilstand wat sal kan lei tot demokratiese onderhandelinge herhaal, asook ‘n beroep op die beëindiging van Navo-lugaanvalle op Gaddafi-teikens.

“Die Libiese partye moet die nasionale dialoog vir ‘n omvattende skietstilstand, nasionale versoening, oorgangsoorkeenskomste en die agenda vir demokratiese transformasie van stapel stuur,” het die verklaring gelui.

“Die maatreëls wat ons voorstel, moet hand-aan-hand gaan met ‘n ewe gedetermineerde humanitêre poging.

“In hierdie konteks herhaal ons die beroep wat ons by die buitengewone beraad van die AU op 25 Mei 2011 gemaak het – naamlik dat die Navo-bomaanvalle stopgesit word en dat ‘n humanitêre pouse onderneem word.”

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... En 'n betoging teen Mugabe is sekerlik ook nie uitgesluit nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.