Gaddafi: 'Laat Libië brand'

2011-09-01 22:56
Tweets Share Share line Print

Tripoli – Op die 42ste herdenking van die staatsgreep wat hom die onbetwiste leier van Libië gemaak het, het Muammar Gaddafi gesweer om nié oor te gee nie.

Die boodskap is via satelliet deur Arrai Oruba-TV, wat in Sirië gebaseer is en Gaddafi ten volle ondersteun, uitgesaai.

Gaddafi het onder meer gesê dat hy gereed is vir ‘n “lang stryd” en dat hy nie sal ingee nie, “al brand Libië” .

Hy het sy ondersteuners aangemoedig om aan te hou veg teen die rebellemagte, wat die meeste van die land beheer en Gaddafi uit Tripoli gedryf het.

“Selfs al hoor julle nie meer my stem nie, hou aan veg,” het hy in die uitsending gesê.

“Ons sal nie oorgee nie. Ons is nie vroue nie, ons sal aanhou veg. As hulle ‘n lang, uitgerekte stryd wil hê, dan is dit hoe dit sal wees.

“As Libië brand, wie sal kan regeer? So, laat Libië brand,” het hy bygevoeg.

Gaddafi het sy ondersteuners verder aangemoedig deur te sê dat daar onenigheid heers onder Navo, “wie se lugaanvalle die weg gebaan het vir die oorname van Libië” en die rebellemagte.

Waar Gaddafi homself bevind, is steeds ‘n raaisel.

Hy het egter in die uitsending gespog dat sy laaste bastions onneembaar is.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... En 'n betoging teen Mugabe is sekerlik ook nie uitgesluit nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.