Gaddafi, Chavez maak planne vir vrede
2011-03-03 08:17
Caracas - Hugo Chavez, die president van Venezuela, en Muammar Gaddafi, leier van Libië, het planne bespreek vir ‘n internasionale vredesending om die krisis in Libië te bemiddel, het beamptes Woensdag gesê.
“Ons bevestig dat Chavez Dinsdag ‘n gesprek met Gaddafi gehad het om ‘n vredeskommissie vir Libië voor te stel,” het Andres Izarra, minister van kommunikasie, op sy twitterblad gesê. Hy het nie bekend gemaak hoe die twee leiers gekommunikeer het nie.
Hy het ook geen verdere inligting oor die gesprekke bekend gemaak nie.
Opstande teen Gaddafi se 41 jaar lange heerskappy duur al byna drie weke voort.
Chavez het Maandag
voorgestel dat ‘n internasionale vredesending met magte van vriendelike nasies
geskep met word sodat die onrus in die noorde van Afrika bemiddel kan word.
Sodoende kan burgeroorloë verhoed word.
-Volg Nuus24 op
Twitter.
- SAPA