Fransman ontsnap na ontvoering
2009-08-26 08:05
Mogadisjoe – Een van die twee Franse sekuriteitsadviseurs wat verlede maand deur rebelle in Somalië ontvoer is, het ontsnap, het polisie van Somalië Woensdag gesê.
Die aangehoudene was glo deur millitante van die Al Shabaab Islamitiese groep aangehou.
Senior polisie amptenaar, Abdiqadir Odweyne het gesê dat die man drie van sy ontvoerders doodgemaak het voordat hy ontsnap en na die presidensiële paleis gevlug het.
“Een van die twee Fransmanne het van Al Shabaab ontsnap en is nou in die paleis, “ het Odweyne gesê.
- AFP