Franse prokureurs beplan hofsaak teen Zarkozy
2011-05-30 23:02
Tripoli - Twee Franse prokureurs het gesê hulle beplan om Nicolas Sarkozy, die Franse president, aan te kla vir misdade teen die mensdom as gevolg van die Navo-militêre veldtog in Libië.
Ibrahim Boukhzam, ‘n beampte van die Libiese departement van justisie, het gesê dat Jacques Verges en Roland Dumas aangebied het om families te verteenwoordig wat slagoffers van die Navo-lugaanvalle in Libië was.
“Die twee prokureurs gaan 'n klagte indien by Franse howe namens die Libiese families,” het Boukhzam gesê.
Van Verges se vorige kliënte was Klaus Barbie, ‘n Nazi-oorlogmisdadiger, en Carlos die Jakkals.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP