Franse gyselaars in Darfoer vrygelaat
2010-03-15 09:54
Kaapstad – Twee Franse wat sedert 22 November in Sentraal-Afrika as gyselaars aangehou was, is Sondag in Darfoer vrygelaat, het die Franse minister van buitelandse sake gesê.
Bernard Kouchner, het gesê die paartjie, wat vir die Triangle-liefdadigheidsorganisasie werk, is vrygelaat en is oppad na Soedan.
Daar word beweer dat hulle deur gewapende mans van die stad Birao gevange geneem was. Baie hulpwerkers is die afgelope tyd in dié streek gekaap.
Dié streek is die tuiste vir duisende hawelose mense, insluitend diegene wat weens konflikte in die streek van Darfoer soontoe getrek het.
- Vir die volledige storie besoek BBC