Etosha-brand eis 130 diere, 300 000 ha weiding
2011-10-14 17:22
Windhoek – ’n Verwoestende brand in die Etosha Nasionale Park in Namibië het duisende hektaar grond en miljoene dollar se wild in September verwoes, het die Republikein berig.
Wildlewe met ’n geldwaarde van meer as N$18 miljoen (R18 miljoen) is óf verkool óf versmoor, terwyl meer as 300 000 hektaar grond heeltemal verbrand is.
Die oorsaak van die enorme brand in dié park is na bewering aan menslike nalatigheid te wyte.
Ten spyte van gesamentlike pogings deur personeel van die departement van toerisme en omgewingsake en lede van die Oshivelo-weermagskool het die brand vier dae lank voortgewoed, voor dit op 25 September finaal geblus is.
– Lees die volledige berig by die Republikein.
– Volg Nuus24 op Twitter.