Ethiopiese joernalis in tronk

2010-02-02 14:30
Tweets Share Share line Print

Addis Ababa – ‘n Joernalis van Ethiopië is vir ‘n jaar lank tronk toe gestuur nadat hy dié land se eerste minister gekritiseer het.

Volgens ‘n New Yorkse komitee wat die regte van joernaliste beskerm (CPJ) is Ezedin Mohamed Vrydag deur ‘n Ethiopiese regter gevonnis in verband met ‘n rubriek wat in Januarie 2008 geskryf is.

Dié rubriek kritiseer glo eerste minister Meles Zenawi se stellings oor godsdienstige sake in Ethiopië.

Volgens CPJ is Mohamed die redakteur van die “Moeslim-georiënteerde koerant”, Al-Quds.

Die Al-Quds-rubriek het Meles uitgedaag oor sy beskrywing van Ethiopië as ‘n “Ortodokse Christelike Ethiopië”, het CPJ gesê.

Mohamed het reeds sy vonnis begin uitdien in Kality-tronk buite die hoofstad van Addis Ababa.

“Die gevangenis van Ezedin Mohamed is nog ‘n voorbeeld van Ethiopië se onverdraagsaamheid van onafhanklike en kritiese stemme,” het CPJ se Afrika-programkoördineerder, Tom Rhodes gesê.

“Dis hoogtyd dat eerste minister Meles Zenawi sy toewyding aan demokratiese waardes bewys deur die gevangenskap van joernaliste stop te sit.”

Mohamed is die vyfde joernalis wat gevangenisstraf in Ethiopië ontvang.

Volgens CPJ is Ethiopië die land wat joernaliste die tweede meeste in die hele Afrika gevangenis neem.

- Sapa

Lees meer oor: persvryheid

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Ons het hulle aan PRESIDENT MBEKI vrygelaat??? whahahahahaha weet hulle iets wat ons nie weet nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2003
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.