Eritrea-vulkaan belemmer lugverkeer
2011-06-13 22:00
Toulouse – Die Dubbi-vulkaan in Eritrea het ‘n aswolk van
tot 15 km die lug in gestuur en lugverkeer in die area tydelik onderbreek.
Die uitbarsting het Sondagmiddag plaasgevind
en word deur Jean Nicolau van die Franse weerdienste as “noemenswaardig”
beskryf.
“Volgens satellietfoto’s, lyk dit of die
aswolk 13 tot 15 km hoog strek,” het Nicolau gesê.
“Die situasie is egter nie so ernstig soos met
die Grimsvotn-vulkaan in Ysland nie, aangesien lugverkeer oor die ooste van
Afrika aansienlik minder is,” het hy bygevoeg.
Die aswolk het wel Hillary Clinton se Afrika besoek
kortgeknip.
Sy was oppad na Addis Ababa, maar daar is ‘n
groot moontlikheid dat die aswolk in daardie rigting sal beweeg.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP