‘Ek sal bedank as dit sleg gaan' sê Tunisië se nuwe president
2011-12-15 20:22
Tunis - Moncef Marzouki, die nuut-verkose president van Tunisië het gesê hy is bereid om na ses maande te bedank indien dinge in dié land nie verbeter nie.
In ’n onderhoud met die staatstelevisie het Marzouki burgers gevra om geduldig te wees terwyl die situasie in die land weer opdreef gebring word.
Talle betogings het die afgelope jaar in Tunisië plaasgevind.
“Na die tydperk kan julle ons verantwoordelik hou en ek is gereed om te bedank” indien die situasie nie verander nie, het hy gesê.
In Januarie vanjaar is pres. Zine El Abidine Ben Ali uit sy pos verwyder ná ‘n maand se straatbetogings.
Dié betogings het daartoe gelei dat soortgelyke opstande in Egipte, Libië en ander lande in Noord-Afrika en die Midde Ooste begin het, maar Tunisë se ekonomie het ’n knou gevat. Die toerisme en mynbedryf is tot stilstand gebring.
Marzouki se eerste internasionale besoek sal aan Libië wees. “Ek sal hulle sê ons het julle nodig en julle het ons nodig,” sê
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA